Lesersresensie, Mei 2003

Petrovna Metelerkamp

INGRID JONKER - BEELD VAN 'N DIGTERSLEWE
Hemel & See, R199

Koop hierdie boek by kalahari.net

Skryf 'n resensie en wen!

Deur Elsabé Brits

Goed: Metelerkamp se boek spreek van jare se deeglike (en moeilike) navorsing, veral omdat Jonker se lewe nie 'n oop boek is nie en daar gewaak is oor persoonlike detail van haar lewe. Sy het dit ook reggekry om met Bonnie Davidtz te gesels wat tientalle mense al probeer het, maar nie kon regkry nie. Dit werp baie lig op Ingrid se laaste ure en is voorwaar uniek. Die boek lees lekker, het geweldig baie detail en foto's wat nog nooit voorheen gesien is nie. Dis jammer Ingrid se swaer het haar persoonlike items aan die Nederlandse digter verkoop en dat dit nie eerder in die hande van Metelerkamp geval het nie. Die boek is 'n versamelstuk vir enige persoon wat lief is vir Ingrid se werke. Die boek poog ook nie om enige standpunt in te neem jeens Ingrid nie, maar stel die feite net soos sy dit versamel het en laat die leser om sy eie opinie te vorm. Dit gee baie geloofwaardigheid aan die boek.

Sleg: Daar is baie verwysings na wat mense na aan Ingrid aan ander navorsers en in ander onderhoude gese het. Mens sou graag 'n openlike onderhoud met Brink en Simone wou sien. Dit se egter nie dat die skrywer nie probeer het nie.

Ingrid Jonker - Beeld van 'n digterslewe verskyn by Hemel & See op Vermont. Dit sal van 1 Mei af in winkels beskikbaar wees of kan teen R199 by tel. 021 887 4562 bestel word. Die e-posadres is hemelensee@hermanus.co.za