Insig, Oktober 2000

Antjie Krog

Sy weet waarheen sy op pad is

RESENSIES:

A Change of Tongue

Met woorde soos met kerse

Kleur kom nooit alleen nie

Wil jy een van dié skrywer se werke resenseer - en wen? Klik hier.

NOG INLIGTING::

Uittreksel uit A Change of Tongue

Die stem van Antjie

Krog wen die RAU-Prys vir Skeppende Skryfwerk

Deur Hettie Scholtz

Sy gaan deur 'n morsige menopouse, glimlag Antjie Krog wrang, 'n morsige menopouse... Die amusante beeld van die vrou wat gil "my estrogeen is op n ek het 'n rewolwer!" flits deur my gedagtes, maar die aantreklike vrou voor my toon geen tekens van aggressie nie. Die hare val sag weg van die sterk struktuur van wang en ken, en net die fynkyk registreer vroere tekens van sielswroeging, maar lig afgets, op die vel. Dis die helder, fletsblou o wat opval, 'n nuwe gemaklikheid in haar liggaamshouding, en die ander woord vir menopouse meld haar aan: klimakterium. Die tydperk in die lewe wanneer 'n siklus voltooi is. Klaar bestuif, bevrug en gedra: die oorgangsleeftyd. Suiwer genade is dit dan, dat die mens die enigste spesie in die diereryk is wat dekades n die vrugbare jare bly voortleef, en in Antjie se geval, onverskrokke bly voortdig - met haar unieke ingesteldheid:

Om met oop o te reis
Om die storie te vertel
.

'n Mens hoef haar nie persoonlik te ken om te weet Antjie is 'n hartstogtelike eerlike mens, iemand wat nie skroom om haarself ten diepste en dikwels op pynlike wyse te ondersoek nie. En dis 'n oorrompelende eerlikheid; selfs wanneer haar interpretasie van sekere gebeure by geleentheid (nie dikwels nie) as naef beskou word, sleur dit jou mee as 'n intens gevoelde en persoonlik deurleefde reaksie daarop. Jy is immer bewus van haar besondere integriteit. En jy wonder oor 'n Damaskuservaring, een dag wat uitstaan bo 'n ander, 'n dag waarop sy vir haarself ges het: Nou staan ek stil en registrr wat om my aangaan.

"Daar het geen spesifieke oomblik aangebreek waarin 'n mens besluit het nou skryf jy die waarheid nie. Jy worstel maar jou hele lewe lank om dit wat rondom jou gebeur, alles wat rondom mense gebeur en hulle lewens raak, in posie vasgevang te kry sodat jy daarmee kan saamlewe."

Om dit te kan doen leef die digter in twee sfere, een bogronds, die ander ondergronds, verwoord sy di ervaring in haar jongste bundel, Kleur kom nooit alleen nie:

[...]
(bogronds
wag die man wat ek liefhet
Sondae stap hy teen Leeukop
as die laatmiddaglig sloep teen die klip
die ruimte wat nie is nie
is ni, s hy)
.

Maar die man wat hr liefhet, het haar geken voor sy 'n bekende skrywer geword het, en steeds is sy sy beste vriend, hierdie vrou wat so anders is as enigiemand wat hy daarvóór of daarn geken het. Die een dag, s hy, was sy 'n gewone skooldogter en die volgende dag was sy dit nie meer nie. Hy het 'n helder herinnering van hoe hulle twee agter hul woonkamer se deur wegkruip terwyl haar ma joernaliste en fotograwe van die voordeur verwilder. Dit nadat die inhoud van haar kaalvuisgedig in die skooljaarblad soos 'n veldbrand deur die dorp versprei het, ook oorgespoel het na die nasionale media. En hoe dan anders, as 'n skoolkind in 1970 skryf:

Gee vir my 'n land waar swart en wit hand aan hand
vrede en liefde kan bring in my mooi land
.

As digter (nou van nege bundels) het sy bekendheid verwerf vir die teerheid van haar liefdesposie, die passie van haar erotiese verse, die ontroerende gedigte oor kinders, die betrokkenheid van haar sosiaalpolitieke verse - ook daarvoor het sy die hoogste eerbewyse ontvang: die Eugéne Maraisprys, Reina PrinsenGeerligsprys, Rapportprys, Hertzogprys, laasgenoemde vir Lady Anne in 1989:

... ons is die laaste
die laaste wat kinders laat verblond op
melk en heuning
agter ons onder ons langs ons
stort met die sagte geluid van as
strukture wat ons soort in stand hou
in hulle maai.

Daarna sou sy toenemend haar eie ongekaarte pad loop, vandat sy op 'n Skrywersgildebyeenkoms by Klub Mykonos in 1990 openlik erken het sy is 'n "skytbang vrou", totdat sy uiteindelik in die gedig "ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster" in Gedigte 1989 - 1995 kon verklaar:

ek is
die Here hoor my
'n vry fokken vrou.

"Krog is Afrikaans se Pablo Neruda," skryf Joan Hambidge, "sy dig oor die private wreld n sy sien die taak van die digter as di van sosiale kommentator." Maar dis eers toe sy as joernalis dag vir dag verslag moes doen van die verloop van die Waarheids en Versoeningskommissie dat die volle omvang van skuld en onreg haar deel geword het: ek is vir altyd verander.

Ek wil s
vergewe my
vergewe my
vergewe my
jy wat ek veronreg het - seblief
neem my
met jou saam.

Dis ironies genoeg danksy Country of my Skull, haar pynlike verslag oor die verloop van die WVK, 'n boek waarvoor sy aanvanklik nie kans gesien het nie, 'n boek wat sy nie wóú skryf nie, dat sy vir die eerste keer in staat is om te probeer lewe van skryf en vertaalwerk. "Ek word ook genooi na vreemde en wonderlike plekke waar ander soort debatte gevoer word, ander prioriteite - dit is so verrykend."

Ook vir hierdie boek is sy bekroon, met die Alan Patonprys, die Boekhandelaarsverenigingprys, sowel as die Hiroshima Foundation for Peace and Culture se toekenning.

Die ironie l daarin dat die boek prosa is, en Engels, volgens Antjie nie haar sterk punt nie, sal dit ook nie word nie, ten spyte van die finansile voordeel. Want al waag sy haar hand aan ander genres - ook drama - in haar sout en niere is en bly sy digter, lees sy ook die graagste posie. "Dis vir my belangrik dat poetry die mens in sy totaliteit kan vat - as posie snobberig voel oor 'n brood of 'n emmer vol babadoeke, dan was dit 'n genre waaruit ek sou probeer kom het. Ek is lief vir posie. Ek breek uit in verrukking as ek 'n digter ontdek en dan op soek gaan na sy of haar bundels. Ek luister graag posie. Te pas en te onpas lees ek dit veral hardop."

En verrukking is wat die leser ervaar by die lees van haar jongste verse:

dat ek reis dat ek afreis langs die koring en kaf van my verlede
wat voortkruip op sy dodelike knie sonder om ooit een maal op te kyk
dat ek op my knie voortklou na die plek

na die ademligte plek
(...)

Ook bewondering. Want jy beny haar die guts, die durf om dit te gaan soek - en kry - het: Hr plek in Afrika, en daarmee saam die helder wete:

Ek weet waarheen ek op pad is
tot hiertoe en verder huis
.

Daardie huis is seker nog Kroonstad, daar waar die doringbome teen Kersfees vol geel blommetjies staan? "Ek sal myself altyd as 'n refugee van die Vrystaat beskou," s Antjie, "maar hoe ouer 'n mens word, hoe meer het jy die behoefte aan iets meer milds, iets sagters. En Kaapstad is dit vir my. Die mistigheid l safter teen die middeljarige wang, die berg troostender op die oog. Ek kan nie meer daarsonder nie." So lei die voltooiing van een siklus by Antjie Krog tot 'n hergeboorte, 'n ware wondherstel:

... dit ruim
dit ruim uiteindelik
in my desperaat varende hart.