Insig, November 2000

JAN RABIE

Hy was en hy is

DEUR ANDRÉ P. BRINK

Jan Rabie

RESENSIES:

ē Nog geen resensies beskikbaar nie.

ē Wil jy een van dié skrywer se werke resenseer - en wen? Klik hier.

NOG BOEKWURM ARTIKELS:

  1. Uys, Rabie slyp saam aan sestig
  2. Strandloper Jan deur CHRIS BARNARD
  3. Een persoonlijke herinnering deur JAN DELOOF
  4. Jan Rabie sterf dag nŠ sy 81ste verjaardag
Op 14 November word Jan Rabie die eerste Sestiger wat oor die drumpel van tagtig skuif. Vir sy vriende, wanneer 'n mens hom by Onrus besoek, lÍ daar weemoed in die noodwendige herkenning van die sloping wat die tyd bring. Tien jaar gelede, op sewentig, toe hy daagliks, somer en winter, die koue byt van die branders getrotseer het, kon 'n mens hom nog aansien vir 'n jong man, regop van postuur, taai van sening en spier. Maar soos Daantjie Saayman - een van die vele vriende wat ons vooruitgegaan het - altyd met soveel oortuiging volgehou het: dis nie te sÍ nie.

Daar is nog steeds die uitdagende klein kaap van sy ken wat na onbekende seŽ uitsteek (ook wanneer 'n moedswillige verpleegster 'n heiligskendende skeermes oor die bokkebaardjie laat glip), die arendsblik in die oŽ so bruin soos kastaiings (wat tog ook soos 'n skaam seun s'n kan versag), die wederstrewige kuif, die hande soos wingerdstompies van wroet in goeie grond, in wind en son en reŽn. 'n Man soos Bart Nel wat met sy hele wese bevestig: Ek was toe Jan Rabie en ek is nog hy.

Die eeu het al gedraai, maar hy staan nog soos 'n baken in die Afrikaanse prosa. Bowen-al danksy die skraal, liggeel bundeltjie, 21, waarmee hy vir goed in 1965 ons prosa losgeruk het uit sy groef van armblankes, droogte en sprinkane en 'n jong generasie met 'n dosis kreatiewe adrenalien laat ontdek het that there are more things in heaven and earth, Horatio, than are dreamt of in our philosophy. Agter sy blad was toe pas sewe jaar van verblyf in Parys waar hy voetspore getrap het wat geslagte latere Afrikaanse skrywers uit innerlike noodsaak weer moes opsoek. In sy Paryse dagboek, uitgegee in 1998, lÍ die eerste neerslag van episodes, ervarings, mense en ontmoetings wat tussen 1950 en 1955 sou uitkristalliseer in 'n reeks prosas waarvan die nuutheid 'n halfeeu later nog nie afgeskawe is nie: kort ontploffende oomblikke waarin menswees met 'n liriese en dramatiese intensiteit in jou oŽ en jou bewussyn oopbars en jou verstom laat staan oor die uiterstes van geweld en deernis, wreedheid en teerheid waartoe ons spesie in staat is.

Danksy Uys Krige, is hierdie prosas - oorspronklik in Engels geskryf om hulle vir sy metgesel, Marjorie Wallace, en sy vriende toeganklik te maak - in Afrikaans verwerk; en die res, soos hulle sÍ, is geskiedenis. Eensklaps was die hele vernuwing van Sestig (vantevore nog net aarselend beproef deur 'n Willem van der Berg of 'n W.A. de Klerk, deur C.J.M. Nienaber en Etienne Leroux) moontlik, sigbaar, doenbaar.

Hoe verblydend dat Human & Rousseau besluit het om Jan se tagtigste verjaardag te vier met 'n mooi heruitgawe van hierdie semi-nale werk wat ook - vir die eerste keer - 'n hele paar van die oorspronklike Engelse weergawes van die prosas behels.

Maar met 21 was Jan Rabie se vernuwende rol nog lank nie uitgespeel nie. In soveel ander opsigte het hy ůůk die pad aangedui (en teen miskenning, verguising, botte teenstand in die prys daarvoor betaal): In Mens-alleen, ook in Parys al geskryf, maar eers in 1963 gepubliseer, verskyn die eerste volledige eksistensiŽle "outsider" in Afrikaans (dit is sekerlik nie toevallig dat Jan, naas 'n veertigtal ander werke, Camus se L'…tranger in Afrikaans vertaal het nie). In Ons, die afgod (1959) het hy die eerste polities-betrokke Afrikaanse roman gelewer, ingegee deur die verhouding tussen bruin en wit. NŠ Langenhoven se vroeŽ Loeloeraai word Swart ster oor die Karoo (1957) en Die groen planeet (1961) van die heel eerste science-fiction-verhale in Afrikaans. In die indrukwekkende Bolandia-siklus word vir die eerste keer 'n poging aangewend om op breŽ, epiese doek die Afrikaner se herkoms in Afrika te ontgin (waarmee hy ook sommer, in Eiland oor Afrika, aan Dalene Matthee haar storie oor Pieternella van die Kaap besorg het). Die manier waarop hy, in 'n roman soos Die groot anders-maak (1964) binne-in die kultuur- en gedagtewÍreld van 'n "ander" etniese groep in Suid-Afrika, die Khoikhoi, ingedring het, is eintlik vandag nog enig in sy soort. In die heerlike seunsboek Twee strandlopers (1960), soos jare later in Die seeboek van die sonderkossers (1975), ondersoek hy kwessies soos oorlewing en ekologie lank voor dit die meeste van sy landgenote se bewussyn begin aanspreek het. In politieke opstelle van Die evolusie van nasionalisme (1960) en Polemika (1965) grawe hy vraagstukke in waaroor eintlik net Van Wyk Louw - met meer verdagte "lojaliteit" en minder kompromislose "verset" - vantevore probeer besin het.

As rustelose, wonderende, wonderlike mens het Jan Rabie oor die afgelope halfeeu 'n profetiese blik en 'n alledaagse werklikheid versoen. Die halwe huis waar hy en Marjorie in Groenpunt gewoon het, was die plek waar talle jong wit Afrikaners vir die eerste keer as mens-teenoor-mens met bruin Suid-Afrikaners (Richard Rive, Kenny Parker, hoeveel ander) leer omgaan het. Dit was waar die hele stryd teen sensuur in 1963 vorm en beslag gekry het. Cheviot Place nommer 6, soos later - nŠ omswerwinge oor die aardbol, vanaf die hipermoderne VSA tot die wieg van die Westerse mensdom in Kreta - Strandloper-laan in Onrus, was 'n adres waarmee der honderde besoekers uit oorsese lande hier aangekom het vir hulle eerste inwyding in wat "Afrikaner" en "Suid-Afrikaner" beteken en kŠn beteken.

En vandag, baie boeke, baie bottels rooi wyn, baie moeilike vrae, baie nag en dag lange gesprekke later - boeke en gesprekke deurtrek van die sout van die see, die gees se onkeerbare uitreik oor landskappe en vertes, filoso-fieŽ en denkrigtings, die hart se verknogtheid (Šnderkant Griekeland en Frankryk, ItaliŽ en Nederland en Amerika) aan die hartland van Afrika - vandag kan 'n mens opnuut in daardie twee deurborende oŽ kyk en sÍ: Dankie, Jan. Jou lewe het baie Šnder lewens die moeite werd gemaak. Die volle omvang daarvan kan nooit gesÍ word nie.